|
Shekinah, Radiokansel se opleidings en
ontwikkelingsentrum, is gelee in die hart van die groter Mabula natuurreservaat, sowat 54 km van Warmbad af.
Hier kan u die rustigheid en vrede van die bosveld ervaar. Die kampterrein kan groepe tot 236 gemaklik huisves,
maar is ook toegerus vir kleiner groepe soos selgroepe. Etes kan teen 'n bykomende koste voorsien word aan groepe
groter as 20.
Shekinah het 13 slaapeenhede met stapelbeddens
en 4 eenslaapkamer woonstelle met eie badkamer vir kampleiers, asook 2 huise wat elk 12 mense kan huisves.
Daar is ook konferensiegeriewe vir 25 mense by El Shaddai, en vir 236 mense in die saal. Shekinah bied
ook 'n groot swembad, vlugbal, snoepwinkel, tafeltennis, 'n boekwinkel en groot ruimte vir buite aktiwiteite.
Die saal is toegerus met 'n klankstelsel. Die meer avontuurlustiges kan ook die hindernisbaan aandurf!
Vertroulikheidsbeleid / Bepalinge & Voorwaardes
|